Boelie gedrag kan verskeie vorms aan neem: Dit kan fisiek wees (waar ‘n boelie ander te lyf gaan en skop, slaan, byt, spoeg, potjie, ens.);  verbaal wees (waar boelies fals gerugte versprei, ander  spot, vloek of verneder); sosiaal wees (waar boelies ander bewusltelik uitsluit, ander teen hom draai en aanmoedig om nie met hom vriendelik te wees nie), of dit kan die vorm van kuber boelie gedrag aanneem waar viktimisering deur selfoonboodskappe en sosiale media plaasvind.

Onlangse studies toon dat 34.4% van Suid-Afrikaanse kinders tans onder ten minste een van hierdie tipes boelie gedrag deurloop.  

Daar is drie elemente betrokke by boelie gedrag – die boelie, die slagoffer en dan die belangrikste element – die bystaander.   Boelies floreer op ‘n sin van hul eie mag en die angs wat hul in ander skep.  Hulle werk met die doel om kwesbare teikens van hul maats te isoleer  sodat  die slagoffer swak, alleen en verlate voel.  Ander kinders sien dit en mag dan bang wees dat hulle ook geboelie mag word, en bly dan stilweg passiewe toeskouers. 

Bystaanders het die grootste mag om boelie-gedrag stop te sit.   Om te staan en toekyk hoe ander geboelie word, plaas jou aan dieselfde kant as die boelie, maar dit is deur op te staan vir die slagoffer wat elkeen van ons  ‘n held kan wees.

Elkeen het die mag om die lewens van ander op ‘n manier te beinvloed  – dit is dalk nie moontlik dat ons alle mense van boelie gedrag kan beskerm nie, maar deur oplettend te wees kan ons in groot verskil maak in die lewens van mense na aan ons.

Helde gee om vir ander, glo in wat regverdig is en weet dat almal die reg het om met respek behandel te word.  Hul wys hul eenheid met ander deur nabyheid  – selfs al beteken dit dat hul net langs die slagoffer gaan staan en hul so ondersteun om vir hulself op te staan. Helde sluit kinders in wat deur boelies verwerp word, en hul vertel vir ander wanneer ‘n kind geboelie word.  Dit is dalk nie vir ‘n kind veilig om self die boelie te probeer stop nie – maar hul kan help deur iemand anders te gaan roep wat wel die geveg kan stop (soos ‘n onderwyser of ouer kind).

Ander maniere om ‘n held te wees, sluit in:

  • Dink oor hoe ander voel
  • Vra of iemad hulp nodig het – partykeer weet mense wat dit die meeste nodig het nie hoe om vir hulp te vra nie, maar sal dit graag aanvaar as jy jou hulp aanbied.
  • Wees beleef en vriendelik en gebruik klein gebare om ander te laat weet dat jy daar is vir hulle. Gee jou vriendin ‘n drukkie of plaas jou hand op jou maat se skouer om hul te laat weet dat jy hul ondersteun. Bemoedig jou vriende aan en prys hul as hul ‘n goeie prestasie behaal het.
  • Leer van jou eie helde. Na wie kyk jy op en hoekom respekteer jy hulle?