Discipling teeangersOm dissipline te handhaaf is vir meeste ouers die heel slegste deel van ouerskap.  Tog is dit uiters belangrik in ons taak om ons kinders in gesonde, gebalanseerde, onafhanklike volwassenes te ontskep.  Soos wat kinders ouer word is daar voortdurend ‘n mags-verskuiwing in die ouer-kind verhouding en ouers moet hul dissipline styl gedurig hiervoor aanpas.

Maar hoe dissiplineer ‘n mens ‘n kind sonder dat hy vir jou bang raak?

  • Eerstens moet ons onderskeid tref tussen STRAF en DISSIPLINE. Straf maak deel uit van dissipline maar is nie die hele prentjie nie.  Wanner ons kinders straf wys ons net op wat verkeerd is, terwyl dissipline kinders ook lei en help om te verstaan wat reg en aanvaarbaar is.
  • Verstaan eers wat ouderdoms gepas is – om te veel van ‘n kind te verwag is onregverdig en gaan eindelose probleme oplewer.
  • Weet jou kind wat om te verwag? Het jy al vir hom eenvoudige reels neergele en met hom gepraat oor jou verwagtinge vir sy gedrag?  Weet hy wat gaan gebeur as hy hierdie reels oortree? Afhangend van jou kind se ouderdom kan jy die volgende straf opsies oorweeg:  om jou kind te hok; hom van sekere voorregte soos TV-kyk of video-speletjies te ontneem of te verwag dat hy (binne perke) geld terug betaal as hy eindom beskadig het.
  • Onthou dat die gedeelte van jou kind se brein wat verantwoordelik is vir besluite maak en impuls beheer nog besig is om te ontwikkel (en gaan aanhou ontwikkel tot in hul vroee twintigs) – aanvaar dus dat hulle met tye nog baie riskante besluite gaan maak en nie altyd die gevolge van hul besluite goed gaan deurdink nie .
  • Dissipline moet konsekwent wees en kort na ‘n oortreding toegepas word.
  • Onderhandeling is ‘n belangrike vaardigheid wat kinders moet aanleer –maar dit kan met tye moeilik wees om jou kind toe te laat om sy se te se sonder om te voel dat hy jou tee praat.  Die goue reel hier is om aan kinders te verduidelik dat hul hul saak kan stel,  solank hul beleef is en nie aggressie toon nie – en dan moet ouers hul interaksie met hul kinders natuurlik ook so kan benader.
  • Onthou – kritiseer eerder jou kind se gedrag en nie jou kind as mens nie
  • Wanneer jou kind se gedrag nie deur dissipline beheer kan word nie en hy ‘n gevaar vir homself en / of ander persone of diere inhou, is dit raadsaam om professionele hulp in te roep.