Alternatiewe gesinAlternatiewe Gesinne

Die alternatiewe gesin het in Suid-Afrika die norm geword en die tradisionele prentjie wat vir baie van ons voorgeskryf word van ‘n mamma, pappa en 2 kinders is selde werklikheid. SAIRA (South African Institute of Race Relations)berig dat slegs 33% van Suid Afrikaanse kinders groot word in ‘n tradisionele gesin met twee ouers.

Party gesinne begin as ‘n tradisionele gesin en verander dan, terwyl ander van die begin af nie in die tradisionele boksie pas nie. Elke tipe gesin (of dit nou ‘n enkel ouer gesin / geskeide gesin / homoseksuele ouer paar is) kom met ‘n unieke stel probleme, maar dit beteken nie dat hierdie kinders nie kan floreer nie. 

As enkelouer moet jy gewoonlik al die ouerskap verantwoordelikhede op jou skouers neem, terwyl jy net met helfte van die hulpbronne wat tradisionele gesinne het oor die weg moet kom.  Baie enkel ouers ervaar ook sosiale isolasie omdat hulle by alles moet probeer uitkom wat hul rol as ouer aan hul stel, terwyl dit min tyd vir hulsef oorlaat.

In gesinne met twee ma’s of pa’s is die beskikbaarheid van hulpbronne dalk minder van ‘n probleem, maar dit skep unieke uitdagings wanneer dit kom by al die rolle wat ‘n tradisionele ouerpaar vervul.

Ons maak almal van tyd tot tyd nog aannames gebaseer op die idee van ‘n “normale” tradisionele gesin, maar dit is belangrik dat ons aandagtig is daarop dat ons ander onbewustelik mag seermaak hierdeur – ouers en kinders in alternatiewe gesinne stap partymaal ‘n swaar paadjie.

  • Dit is baie belangrik dat enkel ouers mooi na hulself omsien (as ouers is dit is baie maklik om onsself te verwaarloos en eerder op ons kinders te fokus – maar op die langduur trek jou kinders groter voordeel uit jou gesondheid en gelukkigheid).
  • Stel die regte prioriteite. Ons het nooit genoeg tyd, energie of geld om vir ons kinders alles te doen nie, so identifiseer wat werklik belangrik is en maak dit ‘n prioriteit.  ‘n Voorbeeld is byvoorbeeld om te besluit dat dit belangrik is om genoeg slaap te kry, terwyl skottelgoed was maar van tyd tot tyd kan wag.
  • Kry goeie ondersteuning – bou ‘n ondersteuningsnetwerk op van mense op wie se knoppie jy kan druk as dit nodig is sonder om verlee te voel.
  • Leer jou kind hoe om jou te help deur vir hom ouderdoms-gepaste take te gee om te voltooi
  • Sit elke dag ‘n tydjie opsy net vir jou kind – waar niks en niemand jul steur nie en jul net as gesin saam kan praat, lag en speel.