LiggaamsbeeldAs ouer kan jy ‘n merkwaardige impak op jou kind se liggaamsbeeld he – hoe help ‘n mens om ‘n gesonde liggaamsbeeld te ontwikkel?

Kinders word nou meer as ooit tevore aan die media blootgestel, en wat in die media voorgehou word as die “ideale” liggaamsbou is selde realisties. Wanneer kinders hulself aan hierdie beelde vergelyk mag hul maklik voel dat hul eie ligaam nie goed genoeg is nie en dit kan verreikende nagevolge he,  want om goed te voel oor jou liggaam is noodsaaklik vir goeie geestelike en verstandelike gesondheid en het daagliks ‘n impak op ons gedrag.

Kommerwekkend is die onlange bevindinge van ‘n advertensie-groep dat 30% van kinders tussen die ouderom van 8 en 12 jaar hulsef op ‘n “dieet” plaas en versigtig monitorat hul eet.  Die vet inhoud van hul kos word noukeurig dop gehou, tog weet ons dat vette uiters belangrik is om kinders se neurologiese ontwikkeling deur die kinderjare and adolessensie te voltooi.

Om uitermatig oor ‘n mens se ligaamsbou te bekommer kan verskeie negatiewe gevolge he.  Dit trek mens se aandag af van dit wat eintlik belangrik is, soos skoolwerk en vriendskappe.  Dit affekteer kinders se self-beeld en self-aanvaarding en lei tot ongegronde vrese en obsessies oor kos en kan selfs tot eetsteurnisse lei.

Ouers kan van hierdie selfde ongesonde media beelde gebruik maak om aan kinders te verduidelik dat die prentjies wat aan ons voorgehou word nie realisties is nie.  Herinner jou kind gereeld daaraan dat sy liggaam deur sy lewensduur nog baie gaan verander, dat dit ‘n dinamiese proses is en dat hy ook daagliks gewoontes kan toepas om sy liggam sterker en gesonder te maak.  Beklemtoon wat jou kind se liggaam kan doen eerder as hoe sy liggaam lyk en help jou kind om kos te sien as noodsaaklike brandstof vir ‘n gesonde ligaam eerder as die “vyand”.

Ouers moet ook versigtig wees oor hoe hul oor hul eie liggame praat en die komentaar wat hul oor ander se liggame mag lewer.

Onthou – die perfekte ligaam bestaan nie regtig nie en regte liggame is nie perfek nie.