geldsake vir kindersFinansiele vaardighede is absoluut noodskaaklik in die lewe, tog is dit die een aspek van mens wees waarin kinders min tot geen opleiding ontvang nie.  Die skool kurrikulum spreek dit amper glad nie aan nie en baie ouers begin eers in die tiener-jare met hul kinders praat oor finansiele bestuur. Tog toon navorsing deur die Universiteit van Cambridge dat kinders se geld gewoontes al teen die ouderdom  van 7 jaar gevorm is en dat ouers die heel belangrikste invloed op hul kind se finansiele gedrag uitoefen.

Dit is dus uiters belangrik dat ouers gebruik maak van alle-daagse geleenthede om hul kinders van geldsake te leer.

In ons moderne leefstyl gebruik ons amper nooit meer kontant nie, en ek vind al how meer dat dit een van die grootste struikel-blokke vir kinders is wanneer dit kom by die abstrakte idee van “geld” verstaan.  Dit is maklik om te dink dat daar eindelose finansiele hulpbronne is as mamma of pappa eenvoudig net elke keer hul kaart hoef te gebruik om iets te koop.  Deur fisies met kontant te werk leer kinders makliker hoe geld vermeerder, verminder en dat daar altyd ‘n beperking is.

 

Hou die volgende in ag wanneer jy jou kind leer om sy geldsake te hanteer:

  • Leer jou kind om finansiele probleme as net dit te benader –probleme. Hoe moeilik dit ookal is, probeer om sonder emosie na jou finansiele probleme te kyk en leer jou kind dat, alhoewel sulke probleme uitdagend kan wees,  daar altyd ‘n oplossings te vinde is is as mens kreatief daarna soek.
  • Om vrylik vir ons kinders geld te kan gee is seker elke ouer se droom omdat ons so graag wil he dat ons kinders hulself geniet, maar dit kan jou kind se finansiele ontwikkeling skade doen.  Om jou kind te leer dat geld verdien moet word is ‘n goeie manier om die konsep van hoe geld gewoonlik gemaak word aan hul bekend te stel.  Laat hul sakgeld verdien, of klein takies vir ander doen waarvoor hul betaal word.  Om geld geskenk te gee is ook aanvaarbaar – solank dit van die begin af duidelik is dat dit nie sommer verwag moet word nie.
  • Oefen self goeie finansiele besluite uit en werk aan jou swakhede as dit by jou geldsake kom.
  • Leer kinders dat hulle sal moet spaar vir dit wat hul regtig wil he. Jy kan byvoorbeeld vir jou kind 2 bottels gee – een vir spaargeld en een vir geld om op vrylik te spandeer. Help jou kind om finansieel te beplan vir dit wat hul graag wil he,maar maak wel seker dat dit nie so duur is dat hul vir maande aaneen moet spaar nie omdat dit heel moontlik net gaan lei tot frustrasie.  Help jou kind eerder om realistiese doelwite te stel of help hom deur ‘n “matching – program” op te stel (bv. vir elke Rand wat jy spaar sal ek ‘n Rand bysit)..
  • Laat jou kind toe om klein finansiele besluite te begin maak. Byvoorbeeld, gee vir haar ‘n gedeelte van die bedrag wat jy weekliks vir kruideniersware opsy sit en laat haar besluit watter vrugte om vir die week te koop.
  • Praat gedurig met jou kind oor die besluite wat mens daagliks in die winels moet neem: “Het ons dit regtig nodig?” “Kan ons dit eerder volgende maand koop?”, “Is dit goedkoper om dit in grootmaat te koop?”
  • As kinders eers die idee van geld en begroting verstaan kan mens die konsep van rente en veelvoudige rente aan hul verduidelik. Maak miskien vir hul ‘n bank-rekening oop en gaan maandeliks saam met hulle deur hul bankstaat. Leer hulle ook hoe om bankstate en finansiele dokumente veilig weg te bere.
  • Moenie van beleggins geleenthede wegskram omdat jy dit nie verstaan nie. Jy kan saam met jou kind leer – maak ‘n projek daarvan om saam navorsing hieroor te doen of vra of kenner op die gebied om dit aan jul te verduidelik.