kinder veiligheidAs ‘n sielkundige werk ek met kinders met uiteenlopende agtergronde en omstanghede en is bekommerd oor die skerp toename in angsvlakke wat ek onlangs in kinders merk.  Ek glo daar is ‘n dubbele rede vir hierdie toename:

  1. Die hoee misdaad syfer in Suid – Afrika kan nie misgekyk word nie. As jou gesin gelukkig genoeg was om nog nie deur misdaad aangeraak te word nie, is dit amper seker dat jul ten minste een mens of gesin ken wat wel daaronder gely het.   Een van ons primere instinkte as  ouers is om ons kinders te probeer veilig hou  en ons maan hul daagliks by die huis en by die skool om versigtig te wees.
  2. Die dekking van nuusgebeure op die televisie en internet het die afgelope jare drasties toegeneem. Televisiekanale rapporteer nuusgebeure 24 uur per dag. Dramatiese beeldmateriaal word regstreeks uitgesaai en geweldadige voorvalle word in bloederige detail herhaal.

Ons kinders word dus heeldag lank gebombardeer met die boodskap dat hul nie veilig is nie.  Verder voel hul ook dikwels magteloos om enigiets oor hierdie bang gevoel te doen en dit kan tot depressie lei.

As ouers wil ons graag he dat ons kinders veiligheids-bewus is sonder om hulle bang te maak – hoe kry ‘n mens die balaans?

  • Kyk saam met jou kinders TV en praat met hulle oor dit wat in die nuusprogramme gerapporteer word.  Verseker jou kinders van hulle veiligheid, en help hulle om te verstaan wat hulle gesien het. Neem jou kinders se ouderdom, volwassenheid, ontwikkelingsvlak en lewenservarings in ag wanneer jy besluit aan watter tipe nuus jy hulle gaan blootstel. Wees op die uitkyk vir tekens dat die nuus vrese by jou kind aanwakker – dinge wat byvoorbeeld slapeloosheid, bednatmaak of huilerigheid tot gevolg het.
  • Oorweeg dit om die televisie uit jou kinders se kamer te verwyder. Dit verminder eenvoudig die kanse dat hul op hul eie vreesaanjaende nuusberigte en bang-maak stories gaan kyk, veral laat-aand wanneer die program inhoud vir volwassenes bedoel is en kinders op hul kwesbaarste voel.
  • Berei hulle voor. Dit is belangrik om eerlik met kinders oor hul veiligheid te praat en hul in te lig oor die gevare wat oor hul pad mag kom – maar vermy teveel gory details en maak seker dat jy altyd vir hulle riglyne gee van hoe om so ‘n situasie te hanteer.  Ons voel almal rustiger as ons ‘n plan het om op terug te val.
  • Waar is die helpers? In amper elke gruwel situasie is daar mense wat probeer help – bure, vrywilligers, dokters, polisie-beamptes, brandweer-personeel. Praat met jou kinders oor wie hul kan nader as iets sou foutgaan.
  • Laat jou kinders weet dat jy volle vertroue het in hul vermoee om moeilike situasies te hanteer.
  • Bemagtig jou kind. Gee vir hulle soveel vaardighede as wat jy moontlik kan om hul veiligheid te verseker.