emosionele stabiliteitOns het almal emosies – en ons sal hul altyd he – daarom is dit baie belangrik om na emosionele stabiliteit te strewe. Die uiteindelike doel van ouerskap is om jou kind te help en te lei sodat hy eendag ‘n gelukkige, gebalanseerde, onafhanklike volwassene kan wees en gesien uit hierdie perspektief is dit belangrik om te onthou dat ‘n kind se verhouding met sy ouers die eerste verhouding in sy lewe is en die verwysingsraamwerk vir all verdere verbintenisse gaan vorm.

Dit klink makliker gese as gedaan, maar dit is belangrik dat ons almal daarna strewe om te leer hoe om ons emosies te beheer eerder as om toe te laat dat hulle ons beheer.

Kinders is van nature baie egoisties en self-gesentreerd en daar moet dus ‘n daadwerklike poging aangewend word om ‘n kind bewus te maak van die behoeftes van ander rondom hom of haar en om hulle te herhinner om ander mense in ag te neem. Kinders met ‘n gesonde emosionele grondslag en goeie interpersoonlike vaardighedeis meer geneig om ‘n hoe emosionele IK (of EQ) te ontwikkel.

Kinders met ‘n hoe EQ is:

  • Meer verdraagsaam teenoor ander
  • Het ‘n goeie self-beeld
  • Bou ook ander se self-beeld op en is nie afbrekend nie

Maar hoe help ‘n mens jou kind om emosionele stabiliteit en ‘n hoe EQ te ontwikkel?

  • Help jou kind van kleins af om sy emosies te identifiseer – dit help ook om sy emosienele woordeskat te bou
  • Aanvaar die hele spektrum van jou kind se emosies – beide positief en negatief maar …
  • Jou kind moet weet dat, alhoewel jy sy negatiewe emosies respekteer, jy nie negatiewe gedrag gaan aanvaar nie
  • Help hom om positiewe maniere te vind om uiting aan sy gedrag te gee
  • Laat hom toe om probleme op te los en skep geleenthede waar hy sy onafhanklikheid kan beoefen
  • Moenie jou kind skaam maak as hy ‘n fout begaan het nie, maar moedig hom eerder aan om weer te probeer en ondersteun hom indien nodig.
  • Help jou kind om te identifiseer wat ander voel, hoekom hul so voel en wat hul kan doen om te help – self al beteken dit net om terug te staan en hul maatjie ruimte te gee om hul eie emosies te verwerk