coping skillsHanteringsvaardighede

Hanteringsvaardighede is die gereedskap wat ons vir ons kinders kan bied om uitdagings in die toekoms suksesvol aan te pak.   Om van ‘n vroee ouderdom af al hanteringsvaardigehe en probleem oplossing te beoefen is amper soos “gewig-optel oefeninge” vir die brein.  Elke keer wat jy ‘n probleem oplos of hanteringsvaardighede in ‘n moeilike situasie gebruik word jou brein en psige sterker  – en dit is dikwels uit ons foute dat ons hierdie vaardighede beste aanleer, so moet nie bang wees om ‘n fout te begaan nie! Deur foute te begaan leer ‘n mens ook om woede en frustrasie te hanteer.

 

Elke keer wat  ‘n kind ‘n krisis of probleem effektief oplos groei hy in self-vertroue en vertroue in sy eie vermoe om probleme te takel en word die kans kleiner dat hy eenvoudig sal opgee of sal toevlug neem in ongesonde gewoontes wanneer die lewe moeilik raak.  As ouers is dit ‘n natuurlike instink om die lewe vir ons kinders te probeer makliker maak, maar wees versigtig dat jy jou kind nie te vinng te hulp te snel nie  – want jy ontneem hom dalk van ‘n geleentheid om te leer en te groei. Lei jou kind eerder deur aan hom vrae te vra waaroor hy krities kan dink en so die probleem kan banader.

Hier is van die belangrikste hanteringsvaardighede wat jy jou kind kan leer:

  • Positiewe self-spraak: maak seker dat dit wat jou kind van homself in sy kop se positief en aanmoedigend is. Leer jou kind om sy self-spraak te monitor en dadelik enige negatiewe gedagtes oor homself stop te sit.
  • Vind die humor in die situasie
  • Vra jouself – wat is positief in hierdie situasie?
  • Visualiseer – sien in jou kop hoe die oplossing moet lyk en ontleed dit dan stuk vir stuk van daar af
  • Hanteer stress – navorsing wys dat stress letterlik die brein verklein. Ons KAN eenvoudig  NIE dink as ons gestress is nie.
  • Aanvaar wat jy nie kan verander nie en beweeg van daar af aan. Dit help partymaal om die nuwe begin te simboliseer – jy kan byyvoorbeeld al die dinge waaroor jy spyt is en waar jy voel jy misluk het op ‘n papier neerskryf en die papier dan in die vuur gooi – net soos wat die vuur die papier vernietig, so moet ons ook al ons vrese en twyfel in onsself van kant maak as ons nuut wil begin.