leerprobleemDie take wat ons daagliks  in ons gesins-lewe moet takel kan met tye moeilik genoeg wees, maar as ‘n familielid gestrem is of leerprobleme het kan dit soveel meer uitdagend wees en geweldige druk op die familie-sisteem plaas.  Dit  kan fisies en emosioneel uitputtend wees, gaan dikwels gepaard met verwarrende emosies soos  woede, frustrasie, skuldgevoelens  en verlies en wek bekommernisse en onsekerheid by ons oor die toekoms.

Maar dit is ‘n gesin se aanpassingsvermoe wat gaan bepaal hoe hul die uitdagings trotseer en tot watter mate hul sukses behaal.  Baie gesinne reporteer dat hul stryd  die gesin as ‘n eenheid sterker gemaak het, dat hul nader aan mekaar lewe, ander makliker aanvaar en ‘n dieper waardering het vir die lewe.

Geduld en ‘n goeie ingesteldheid gee dikwels die deurslag.

Moet nooit enigiemand met ‘n leerprobleem of gestremdheid se potensiaal onderskat nie! Vier die klein suksesse in jou lewe en kyk gereeld terug om te sien hoeveel jy al bereik het.  Gebruik jou uniekheid om jouself en ander aan te spoor. Wees eerlik oor jou gevoelens – ons het almal moeilike dae, maar leer om die lewe eendag op ‘n slag aan te pak en behou jou sin vir humor.

‘n Gestremdheid word net ‘n “label” wanneer ons nie die mens agter die gestremdheid raaksien nie.